Wat Gebeur Sodra Ons Wedergebore word?
Wanneer ons Jesus Christus as Redder aanvaar en daardeur wederbaar is, word ons dadelik aangeneem in die huisgesin van God. Hy is ons Vader en ons Sy kinders. Die Heilige Gees kom woon in elkeen van ons en lei ons in die waarheid en maak ons gelykvormig aan Jesus Christus. Elkeen word deel van God se heiligmakende vernuwing. Eph 2:10 se dit so:
“Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel”
Wat God Bewerk
Die Heilige Gees, wat ons oortuig het van sonde, geregtigheid en oordeel sodat ons Jesus sou aaneem (Joh 16:8), sal in ons werk om Jesus uit te beeld in ons hele lewenswandel (Rom 8:14 en v29). Die Heilige Gees:-
- Gebruik die Bybel om te onderrig in die weg en weё van die Here. (Joh 16:13)
- Gebruik volwasse gelowiges om lering te gee soos hul deur die Gees gelei is. (1Kor. 3:6-9; 2 Tim. 2:2; Heb. 13:7) Maar ons word ook gewaarsku om ander nie blindeliks te volg nie maar om hul lering met die Skrif te toets (Hand 17:11). Ons moet op die Heilige Gees vertrou om ons onderskeid te gee tussen ware en valse lering.
- Oortuig ons van die verskil tussen dit wat die vlees begeer and dit wat God behaag. (Rom 8:1-7 noem dit, die wat in die vlees wandel teenoor die wat in die Gees wandel).
- Lei elke gelowige om ‘n geestelike verstand te ontwikkel. (Rom. 8:6). Met ander woorde om te sien hoe God met die mens deur Sy word deel en dan, in alle dinge dieselfde waardes as Hy aan te hang.
So lees die verwysings wat bo gegee is:
Johannes 16:8 “ en as Hy (Die Heilige Gees) kom, sal Hy die wệreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel:”
Romeine 8:14 “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, die is kinders van God”
Romeine 8:29 “......die (geredde kinders van die Here) het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun...”
1 Korintieers 3:6-9 “Ek het geplant, Apollos het natgemaak, maar God het laat groei. So is dan hy wat plant of hy wat natmaak, niks nie, maar God wat laat groei. Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. Want ons is medewerkers van God; die akker van God, die gebou van God is julle.
2Timoteus 2:2 “en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.”
Hebrieers 13:7 “Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na”
Handelinge 17:11 “En hierdie mense was edelmoediger as die in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.
Johannes 16:13 “Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei....”
Romeine 8:1-7 Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die gees. 2 Want die wet van die Gees van die lewe in Christus Jesus het my vry gemaak van die wet van die sonde en die dood. 3 Want God het wat vir die wet onmoontlik was,omdat dit kragteloos was deur die vlees deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, 4 sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar die Gees. 5 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. 6 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, 7 omdat wat die vlees bedink vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.”
Wat Moet Ek Doen?
Lees en bestudeer die Bybel met die vertroue dat die Heilige Gees jou verstand sal lei. (Romeine 8:14)
Bedink die voorbeeld van die gelowiges van Berea. In Handelinge 17:11 eer Paulus die gelowiges deur te sê, “En hierdie mense was edelmoediger as die in Thessalonika; hulle het die woord met alle welwillendheid ontvang en elke dag die Skrifte ondersoek of hierdie dinge so was.”
Die gelowiges van Berea het nie blindeliks die lering van Paulus aanvaar nie:
- Hulle “het die woord met alle welwillendheid ontvang.” dws. Hulle begeerte was om die waarheid te ontdek. En hulle het met sorg geluister sodat hulle kon verstaan wat hulle geleer is.
- Sodra hulle die lering ontvang het, het hulle die Skrifte ondersoek om seker te maak dat die lering reg is. Ons moet altyd vra dat die Heilige Gees ons sal lei wanneer ons dit wat ons geleer is, aan die Skrif toets (Romeine 8:14). Dus op hierdie wyse maak ons die waarheid ons eie soos ons dit van die Here self ontvang. Ons is dus nie eenvoudig volgelinge van die wat lering gee nie, maar volgelinge van God.
- Paulus het van so n’ verantwoordelike benadering tot die Skrif gesê, hulle was “edelmoediger” (Acts 17:11).
Spandeer elke dag stiltetyd met die Here. Dit is belangrik om alleen met die Here te verkeer. Koning Dawid het die waarde daarvan geken om elke dag met die Here te begin alvorens hy sy dag se sake aangepak het (Psalm 63:1). Om in gehoorsaamheid te wandel het ons die insette van die Heilige Gees nodig om ons gedagtes heel dag op die wil van die Here te vestig.
Woon kerk gereeld by – vra die Here om jou na ‘n kerk te lei waar jy suiwer Bybelse leer sal ontvang. Kies dan Christen vriende, uit die gemeente, wat ook die begeerte het om in die geloof te groei. Die gemeenskap van mede Christene is belangrik vir ons bemoediging en bystand.
Terwyl jy onder die predeking van die woord sit, vra die Here om die een wat die woord bring te lei en om vir jou onderskeid te gee tussen wat waar en onwaar is. (Romeine 8:14)
Vertrou die Heilige Gees om jou te lei in alles. Ons word beveel om “alles tot die eer van God te doen” (1Korintieers 10:31; Spreuke 3:5-6)
Die bogeneoemde skrif tekse lees soos volg:
Psalm 63:2 O God,U is my God; U soek ek; my siel dors na U, my vlees smag na U...
1Korintieers 10:31 Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God.
Spreuke 3:6 Ken Hom in al jou weё, dan sal Hy jou paaie gelyk maak.
Vir verdere hulp kontak Russell Hunkin (Pastoor) 082 964 0233
e-pos russell@kingswaybaptist.co.za Webwerf www.kingswaybaptist.co.za